1 Ya’akov, ’n dienskneg van God en van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, aan die twaalf stamme wat verstrooi is onder die nasies: vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid!
2 Laat daar alle vreugde onder julle wees, my broers, wanneer julle deur allerhande en baie versoekinge gaanRom 5:2-5
3 omdat julle weet dat die toetsing van vertroue vir julle volharding bereik,
4 maar die volharding moet self aanhou werk tot volmaaktheid sodat julle volmaak en volledig kan wees en in niks kortkom nie,Spr 2:3-6
5 maar as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal vrylik gee sonder om te verwyt en dit sal aan hom gegee word.Ps 37:4
6 Hy moet egter in vertroue vra, sonder om te twyfel, want hy wat twyfel, is soos die golwe van die see wat deur die wind gedryf word,
7 want só ’n mens moenie dink dat hy enige iets van יהוה sal ontvang nie.