5 maar as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal vrylik gee sonder om te verwyt en dit sal aan hom gegee word.Ps 37:4
6 Hy moet egter in vertroue vra, sonder om te twyfel, want hy wat twyfel, is soos die golwe van die see wat deur die wind gedryf word,
7 want só ’n mens moenie dink dat hy enige iets van יהוה sal ontvang nie.
8 Wie ook al twyfel in sy gedagtes, het probleme in al sy doen en late.
9 Laat die arm broer roem dat hy opgelig word
10 en die ryke, in sy vernedering, want soos ’n blom van die veld sal hy verbygaan,
11 want die son kom op met sy hitte en laat die plant wegdroog en sy blom afval en die grasie van sy voorkoms word so vernietig; so sal die ryke ook in sy lewe wegkwyn.