1 Daar moenie baie leermeesters onder julle wees nie, my broers, want julle weet dat ons ’n groter beoordeling sal ontvang,Spr 18:21
2 want ons almal struikel dikwels. Elkeen wat nie struikel in wat hy sê nie; hy is ’n volmaakte man, in staat om ook die hele liggaam te beheer.
3 Let op, ons sit stange in die perde se bekke sodat hulle ons gehoorsaam kan wees en ons draai hulle hele liggaam daarmee.
4 Ook soos skepe, magtig en deur sterk winde voortgedryf, deur ’n baie klein, harde stukkie hout gestuur word net waarheen die stuurman wil;Ya’a 1:26
5 net so is die tong ook ’n klein ledemaatjie en het heerskappy. ’n Klein vuurtjie steek ’n groot woud aan die brand!
6 Die tong is ook ’n vuur en die wêreld van boosheid soos ’n oerwoud. Die tong op sy eie onder die lede, besmet ons hele liggaam en dit steek die opeenvolgende generasies aan, wat soos wiele voortrol en brand soos vuur,