1 Toe het die hele Yisra’el by Dawid in Hevron bymekaargekom en gesê: “Let op, ons is u vlees en bloed vir altyd.2 Sh’m 5:1,2
2 Verder, in tye wat verby is, selfs toe Sha’ul koning oor ons was, was dit u wat Yisra’el uit- en ingelei het en יהוה, u God, het vir u gesê: ‘Jy moet my volk Yisra’el voed en jy sal heerser wees oor al die stamme van Yisra’el.’”
3 Dit is waarom al die oudstes van Yisra’el na die koning in Hevron gekom het en koning Dawid het met hulle ’n verbond gesluit in Hevron voor die Teenwoordigheid van יהוה en hulle het Dawid as koning oor Yisra’el aangestel. So is die woorde van Sh’mu’el bevestig wat hy in die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה gepraat het.
4 Toe het Dawid en die hele Yisra’el na Yerushalayim, wat vroeër Y’vus genoem is, gegaan, waar die Y’vusiete, die inwoners van die land, was.
5 Die inwoners van Y’vus het vir Dawid gesê: “Jy sal hier nie inkom nie.” Nogtans het Dawid al die mense bymekaar gemaak en die stad van Tziyon, wat die stad van Dawid genoem word, ingeneem.
6 Dawid het gesê: “Wie ook al die eerste Y’vusiet doodmaak, sal hoof en bevelvoerder oor die weermag wees.” Toe het Yo’av, die seun van Tz’ruyah, eerste opgegaan en koning Dawid het hom as hoof en bevelvoerder oor die weermag aangestel.