23 Die seuns van Y’hudah wat swaarde en spiese gedra het, was ses duisend agt honderd, magtige soldate;
24 van die seuns van Shim’on, dapper magtige manne vir oorlog, agt duisend sewe honderd;
25 van die seuns van Levi, vier duisend ses honderd.
26 Y’hoyadah was die bevelvoerder van die familie van die Aharoniete en saam met hom was drie duisend sewe honderd;
27 Tzadok, ’n jongman, magtig en dapper, van sy vader se huis en sy broers, twee en twintig offisiere;
28 van die seuns van Binyamin, familie van Sha’ul, drie duisend, want totdat Sha’ul gesterf het, het hulle die huis van Sha’ul bewaak;
29 van die seuns van Efrayim, twintig duisend agt honderd, dapper magtige manne, beroemd regdeur die huise van hulle vaders;