12 Toe hulle hul afgode daar agtergelaat het, het Dawid bevel gegee aan sy magtige manne en gesê: “Verbrand hulle met vuur en verstrooi hulle as in die wind.”
13 Die F’lishtyne het weer opgekom en in die vallei van die reuse gekamp;
14 daarom het Dawid God weer geraadpleeg en God het vir hom gesê: “Jy moenie agter hulle aan opgaan nie, maar draai weg van hulle af en gaan val hulle van voor af aan.
15 Dit sal wees, wanneer jy die klank van ’n gehuil op die top van die berg hoor, dan moet jy opgaan vir die geveg, want God het voor jou uitgegaan om die leër van die F’lishtyne te verslaan.”
16 Dawid het daarom gedoen wat יהוה hom beveel het en hulle het die leër van die F’lishtyne verslaan vanaf Giv’on tot by Gezer.
17 Die naam van Dawid het uitgegaan in al die lande en יהוה het die vrees vir hom oor al die nasies gebring.