1 Hulle het die ark van יהוה ingebring en dit op sy plek gesit in die tent wat Dawid daarvoor opgeslaan het en hulle het brandoffers en vredesoffers gebring voor die ark van יהוה.
2 Toe Dawid klaar die brandoffers en die vredesoffers gebring het, het hy die volk van Yisra’el geseën in die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה-Tzva’ot (van die leërmagte).2 Sh'm 6:19
3 Hy het aan elkeen van Yisra’el, manne sowel as vroue, jong manne en klein kindertjies, ’n brood, ’n stuk vleis en ’n fyn witbrood uitgedeel. Toe het al die mense weggegaan, elkeen na sy eie huis.
4 Hy het sekere Leviete aangestel om te bedien voor die ark van יהוה en om יהוה, die God van Yisra’el, aan te roep, te dank en te lofprys:
5 Asaf, die hoof en Z’kharyah na hom en ook, Ye’i’el, Yegi’el, Mattityahu, Eli’av, B’nayah en `Oved-Edom; Ye’i’el met musiek en sang en Asaf met die simbale.