16 Sy eed aan Avraham en die verbond wat Hy met Yitz’gak se seuns gesluit het;
17 wat Hy bevestig het aan Ya’akov as ’n wet en aan Yisra’el as ’n ewige verbond,
18 deur te sê: “Ek sal aan jou die land Kena’an gee, die bepaalde deel van jou erfporsie.
19 Toe julle maar min was, min in getal en vreemdelinge daarin
20 en toe julle gevange weggevoer is van nasie tot nasie en van een koninkryk na ’n ander,
21 het Hy nie die heersers toegelaat om julle skade aan te doen nie, ja, hy het konings gestraf om julle ontwil
22 en gesê: “Raak nie aan My gesalfdes en doen My profete geen kwaad nie.”