20 en toe julle gevange weggevoer is van nasie tot nasie en van een koninkryk na ’n ander,
21 het Hy nie die heersers toegelaat om julle skade aan te doen nie, ja, hy het konings gestraf om julle ontwil
22 en gesê: “Raak nie aan My gesalfdes en doen My profete geen kwaad nie.”
23 Sing tot יהוה, o ganse aarde! Wys Sy verlossing van dag tot dag.
24 Verkondig Sy lof en eer onder die nasies,
25 want יהוה is groot en moet in ’n hoë mate geloof word en Hy moet bo al die konings respekvol gevrees word,
26 want al die afgode van die volke is beelde, maar יהוה het die hemele gemaak.