8 “Gee dank aan יהוה, roep Sy Naam (Karakter en Outoriteit) aan, maak Sy dade bekend onder die volke!
9 Sing tot Hom, gee dank aan Hom, vertel van al Sy wonderdade.
10 Roem in Sy afgesonderde Karakter en Outoriteit (Naam); laat die verstand, wil en emosie van dié wat יהוה soek, verheug wees.
11 Soek na יהוה en Sy sterkte; bid voortdurend voor Hom.
12 Onthou die wonderdade wat Hy gedoen het, Sy wonders en die regverdige oordele van Sy mond,
13 o julle, die nageslag van Avraham, Sy dienskneg, seuns van Yisra’el, Sy gekoses!
14 Hy is יהוה, ons God; Sy oordele is oor die hele aarde.