11 Koning Dawid het ook sommige hiervan tot יהוה afgesonder saam met al die silwer en goud wat hy van al die nasies afgevat het wat hy onderwerp het: vanaf die Edomiete, vanaf die Mo’aviete, vanaf die seuns van `Ammon, vanaf die F’lishtyne en van die `Amalekiete.
12 Verder het Avishai, die seun van Tz’ruyah, broer van Yo’av, agttien duisend Edomiete in die Vallei van Sout verslaan.
13 Dawid het goewerneurs oor die Edomiete aangestel en al die Edomiete het Dawid se diensknegte geword. So het יהוה vir Dawid bewaar, oral waar hy gegaan het.
14 Dawid het oor die hele Yisra’el regeer en regverdige oordeel en regverdigheid uitgeoefen vir die hele volk.
15 Yo’av, die seun van Tz’ruyah, was oor die weermag en Y’hoshafat, die seun van Agilud, was griffier.
16 Tzadok, die seun van Agituv en Avimelekh, die seun van Evyatar, was die priesters en S’rayah was skrywer.
17 B’nayahu, die seun van Y’hoyadah, was oor die persoonlike wagte en die boodskappers en die seuns van Dawid was prinse in die ryk.