9 To’i, die koning van Hamat, het gehoor dat Dawid die hele leërmag van Hadad`ezer, koning van Tzovah, verslaan het
10 en hy het vir Yoram, sy seun, na koning Dawid gestuur om na sy welstand te vra en hom geluk te wens omdat hy teen Hadad`ezer geveg en hom verslaan het, want Hadad`ezer was ’n dapper soldaat. Yoram het allerhande voorwerpe van goud, silwer en koper by hom gehad.
11 Koning Dawid het ook sommige hiervan tot יהוה afgesonder saam met al die silwer en goud wat hy van al die nasies afgevat het wat hy onderwerp het: vanaf die Edomiete, vanaf die Mo’aviete, vanaf die seuns van `Ammon, vanaf die F’lishtyne en van die `Amalekiete.
12 Verder het Avishai, die seun van Tz’ruyah, broer van Yo’av, agttien duisend Edomiete in die Vallei van Sout verslaan.
13 Dawid het goewerneurs oor die Edomiete aangestel en al die Edomiete het Dawid se diensknegte geword. So het יהוה vir Dawid bewaar, oral waar hy gegaan het.
14 Dawid het oor die hele Yisra’el regeer en regverdige oordeel en regverdigheid uitgeoefen vir die hele volk.
15 Yo’av, die seun van Tz’ruyah, was oor die weermag en Y’hoshafat, die seun van Agilud, was griffier.