1 Toe het Dawid gesê: “Hierdie is die huis van יהוה-God en hierdie is die altaar vir die brandoffers van Yisra’el.”
2 Dawid het bevel gegee om al die proseliete wat in die land van Yisra’el was, bymekaar te maak om sommige van hulle klipkappers te maak om klippe te kap vir die huis van יהוה
3 en sommige van hulle smede te maak om yster te smee om byle en handbyle te maak om die klippe te kap. Dawid het yster en koper stawe voorberei in oorvloed, sonder om dit te weeg,
4 ook sederbome in oorvloed, want die Tzidoniërs en die Tzoriërs het vir Dawid baie sederhout gebring.
5 Dawid het gesê: “My seun Shlomo is nog jonk en dit word aangaande hom in die Boekrol gesê dat hy ’n huis vir יהוה sal bou, wat buitengewoon manjifiek sal wees, bekend en tot lof en eer regdeur alle lande; ek sal vir hom alles wat nodig is voorberei terwyl ek leef. Dawid het alles voorberei wat nodig was vir die huis en niks het gekort nie.
6 Toe het hy sy seun Shlomo geroep en vir hom gesê: