26 Hy het ook vir die Leviete gesê dat hulle nie meer die Tabernakel en al sy voorwerpe vir sy diens hoef te dra nie.
27 Volgens die laaste woorde van Dawid moes die Leviete getel word, van twintig jaar oud en ouer,
28 want hy het hulle aangestel in die taak om die seuns van Aharon te help en toesighouers te wees in die huis van יהוה, oor hulle wat met reguit en gedraaide horings blaas en oor die kamers waarin die afgesonderde voorwerpe van יהוה gestoor word
29 en oor die brode van die Teenwoordigheid en die fyn meel vir die graanoffer en oor die ongesuurde koeke en oor almal wat sing en dank offer,
30 dat hulle elke oggend vroeg opstaan om יהוה te dank en te prys en net so saans;
31 om ook die brandoffers tot יהוה op Shabbat te bring, op die nuwemane en op die vasgestelde feeste, in getal volgens die getalle daarvoor beveel, voortdurend voor יהוה.
32 Hulle het ook bevel gehad oor die voorwerpe van die Tent van Ontmoeting en bevel oor die voorwerpe van die Afgesonderde Plek en onder bevel van die seuns van Aharon, hulle broers, wanneer hulle nodig was om te bedien in die huis van יהוה.