3 Dawid het hulle ingedeel, beide Tzadok, uit die seuns van El’azar en Agimelekh, uit die seuns van Itamar, volgens hulle ampte in hul diens.
4 Daar is meer hoofde gevind van die seuns van El’azar as van die seuns van Itamar en daarom het hy hulle verdeel: vir die seuns van El’azar sestien hoofde van hul vaders se huise en vir die seuns van Itamar, volgens hulle families, agt.
5 Hy het hul deur die lot verdeel, beide families dieselfde, want hulle was die leierpriesters van die Afgesonderde Plek en outoriteit oor die priesters, beide oor die seuns van El’azar en oor die seuns van Itamar.
6 Sh’ma’yah, die seun van N’tan’el, die skrywer, ’n Leviet, het hulle opgeskryf in die teenwoordigheid van koning Dawid, die oudstes van Yisra’el, Tzadok, die priester en Agimelekh, die seun van Evyatar en die hoofde van die vaders van die priesters en die Leviete; een hoof familie is gegee vir El’azar en een vir Itamar.
7 Die eerste lot het geval vir Y’hoyariv, die tweede vir Y’da’yah,
8 die derde vir Harim, die vierde vir S’orim,
9 die vyfde vir Malkiyah, die sesde vir Miyamin,