1 Die seuns van Yisra’el, volgens hulle getal, die hoofde van die vaders se huise, die bevelvoerders oor ’n duisend en oor ’n honderd en hulle goewerneurs, wat die koning gedien het in al die sake van die afdelings wat maand vir maand gedurende al die maande van die jaar ingekom en uitgegaan het; elke afdeling was vier en twintig duisend.
2 Oor die eerste afdeling vir die eerste maand was Yashov’am, die seun van Zavdi’el en sy afdeling was vier en twintig duisend.
3 Hy was uit die nageslag van Peretz en was hoof van al die bevelvoerders vir die eerste maand.
4 Oor die afdeling vir die tweede maand was Dodai, die Agogiet; Miklot was die goewerneur van sy afdeling; sy afdeling was ook vier en twintig duisend.