1 Dawid het al die prinse van Yisra’el, die prinse van die stamme en die bevelvoerders van die afdelings wat die koning bedien, die bevelvoerders oor ’n duisend en oor ’n honderd en oppassers van al die koning en sy seuns se besittings en vee, saam met die offisiere en die dapper magtige manne, bymekaar laat kom en hulle het na Yerushalayim gekom.
2 Toe sê hy vir hulle: “Luister na my, my broers en my volk! Ek self het dit in my gehad om ’n huis van rus vir die ark van die verbond van יהוה te bou en as blyplek vir ons God en ek het alles voorberei vir die bou van die huis,
3 maar יהוה het vir my gesê: ‘Jy mag nie vir My Naam (Karakter en Outoriteit) ’n huis bou nie, want jy is ’n man van oorlog en het baie bloed vergiet.’
4 Nietemin, יהוה, die God van Yisra’el, het my uit my vader se huis gekies om vir altyd koning oor Yisra’el te wees, want Hy het uit die huis van Y’hudah die koning gekies en uit die stam van Y’hudah, my familie en vanuit die seuns van my vader het Hy my gekies om koning oor Yisra’el te wees.