22 Hulle het dié dag met groot blydskap geëet en gedrink in die Teenwoordigheid van יהוה en hulle het Shlomo, die seun van Dawid, koning gemaak en Tzadok as priester aangestel.
23 Toe het Shlomo op die troon van die koninkryk van יהוה gaan sit as koning in die plek van sy vader Dawid en hy was voorspoedig en die hele Yisra’el het hom gehoorsaam.
24 Al die magtige manne en die seuns van koning Dawid het hulle aan koning Shlomo onderwerp
25 en יהוה het Shlomo buitengewoon groot gemaak voor die oë van die hele Yisra’el en so ’n groot koninklike majesteit op hom gelê soos wat nog op geen koning van Yisra’el voor hom was nie.
26 So het Dawid, die seun van Yishai, Shlomo, sy seun, koning gemaak oor die hele Yisra’el.
27 Die tyd wat Dawid oor die hele Yisra’el regeer het, was veertig jaar. Hy het sewe jaar in Hevron regeer en drie en dertig jaar in Yerushalayim oor die hele Yisra’el en Y’hudah.
28 Dawid, die seun van Yishai het in ’n goeie ouderdom gesterf, oud en groot in wêreldse rykdom en eer en sy seun Shlomo het in sy plek geheers.