14 die seun van `Avdi’el, die seun van Agi, wat hoofde van die huise van hulle vaders was.
15 Hulle het in Bashan gebly en in sy dorpies.
16 Hulle almal is in die geslagsregister opgeneem in die dae van Y’hotam, koning van Y’hudah en in die dae van Yarov’am, koning van Yisra’el.
17 Die Re’uveniete, Gadiete en die halwe stam van M’nasheh, dapper manne, in staat om swaard en skild te dra en met die boog te skiet, bedrewe in oorlog, was vier en veertig duisend ses honderd, ses en sestig.
18 Hulle het almal uitgegaan en geveg teen die inwoners van Sekah
19 en Sekah is in hulle hand oorgegee, want hulle het tot יהוה gebid in die geveg en Hy het hulle stem gehoor omdat hulle hul vertroue op Hom geplaas het.
20 Hulle het ’n oorvloed goedere en beeste weggedra, vyftig duisend kamele, twee honderd en vyftig duisend skape, twee duisend donkies en ’n honderd duisend mense.