52 M’rayot sy seun, Amaryah sy seun, Agituv sy seun,
53 Tzadok sy seun, Agima’atz sy seun.
54 Hierdie was die stede wat toegewys was aan die families regdeur hulle grense: aan die seuns van Aharon, die familie van die K’hatiete, (want aan hulle was die eerste lot),
55 aan hulle is gegee: Hevron, in die land Y’hudah en sy gebied rondom,
56 maar al die saaigrond van die stad en sy dorpe rondom, het hulle vir Kalev, die seun van Y’funneh, gegee.
57 Aan die seuns van Aharon het hulle al die stede van ontvlugting gegee en aan die priesters: Hevron met sy dorpies, Livnah met sy dorpies, Yatir met sy dorpies, Esht’moa met sy dorpies,
58 Hilen met sy dorpies, D’vir met sy dorpies,