59 `Ashan met sy dorpies en Beit-Shemes met sy dorpies;
60 van die stam van Binyamin: Geba met sy dorpies, `Alemet met sy dorpies en `Anatot met sy dorpies. Al hulle stede in al hulle families, was dertien stede.
61 Aan die ander seuns van K’hat, wat geërf het uit die stam van M’nasheh, is tien stede gegee.
62 Aan die seuns van Gershom, volgens hulle families, uit die stamme van Yissakhar, uit die stam van Asher, uit die stam van M’nasheh en uit die stam van Naftali in Bashan, is dertien stede gegee.
63 Aan die seuns van M’rari is volgens die lot, volgens hulle families, uit die stam van Re’uven, uit die stam van Gad en uit die stam van Z’vulun, twaalf stede gegee.
64 Die seuns van Yisra’el het aan die Leviete hierdie stede met hulle dorpies gegee
65 en hulle het deur die lot uit die stam van die seuns van Y’hudah en uit die stam van die seuns van Shim’on en uit die stam van die seuns van Binyamin hierdie stede gegee wat genoem is volgens die name van die families van die Kohatiete.