3 Die seun van `Uzi was Yizragyah; die seuns van Yizragyah: Mikha’el, `Ovadyah, Yo’el en Yishiyah, vyf, almal leiers.
4 By hulle, volgens hulle families, volgens hulle vaders se huise, was dapper krygsmanne: ses en dertig duisend, want hulle het baie vroue en kinders gehad.
5 Hulle broers, al die families van Yissakhar, was dapper manne van krag: sewe en tagtig duisend is in hulle families getel.Gen 46:21
6 Hierdie is die name van die seuns van Binyamin: Bela, Bekher, Ashbel, Gera, Na’aman, Egi, Rosh, Mupim, Huppim en Ard.
7 Die seuns van Bela: Etzbon, `Uzi, `Uzi’el, Yerimot en `Iri, vyf hoofde van die huise van hulle vaders, dapper manne van krag en hulle is getel volgens families: twee en twintig duisend vier en dertig.
8 Die seuns van Bekher: Z’mirah, Yo’ash, Eli’ezer, Elyo’enai, `Omri, Yeremot, Aviyah, `Anatot en `Alemet; hulle almal was seuns van Bekher.
9 Hulle getal, volgens families in hulle geslagte, hoofde van die huise van hulle vaders, dapper manne, was twee en twintig duisend twee honderd.