28 dan sal hy na sy eie land teruggaan met ’n groot leër en sy verstand, wil en emosie sal teen die afgesonderde verbond wees
29 en hy sal doen soos die vorige keer, net so in die latere tyd.
30 Skepe van Kittim sal teen hom kom en hom oorwin en hy sal terugkom en verontwaardig wees teen die afgesonderde verbond; hy sal ’n verstandhouding hê met hulle wat die afgesonderde verbond verlaat hetMat 24:15; Mar 13:14
31 en hulle leërs sal opstaan vanuit hulleself en hulle sal die magtige Afgesonderde Plek onrein maak en wegdoen met die daaglikse offers en die verwerplike afgode opstel.
32 Hulle wat boos handel teen die verbond sal hy afvallig maak, maar die volk wat hulle God ken, sal onveranderlik sterk wees.Heb 11:33-40
33 Die regverdiges onder die mense sal baie onderrig; tog sal hulle val deur die swaard en die vuur, deur gevangeskap en berowing, ’n duisend dae lank.
34 Wanneer hulle val, sal hulle ’n klein bietjie hulp ontvang, maar baie ander teëspoed sal by hulle bygevoeg word deur misleiding.