31 en hulle leërs sal opstaan vanuit hulleself en hulle sal die magtige Afgesonderde Plek onrein maak en wegdoen met die daaglikse offers en die verwerplike afgode opstel.
32 Hulle wat boos handel teen die verbond sal hy afvallig maak, maar die volk wat hulle God ken, sal onveranderlik sterk wees.Heb 11:33-40
33 Die regverdiges onder die mense sal baie onderrig; tog sal hulle val deur die swaard en die vuur, deur gevangeskap en berowing, ’n duisend dae lank.
34 Wanneer hulle val, sal hulle ’n klein bietjie hulp ontvang, maar baie ander teëspoed sal by hulle bygevoeg word deur misleiding.
35 Sommige van die wyse manne sal val, om hulle te toets en te onderskei, selfs tot die einde toe, want daar is ’n lang tyd voordat die vasgestelde tyd aanbreek.
36 Die koning sal doen net wat hy wil en hy sal homself oplig en groot maak bo elke afgod en sal groot verwerplikhede teen die God van die gode praat en sal voorspoedig wees totdat die woede sy doel bereik, want dit wat vas besluit is, sal uitgevoer word.
37 Hy sal ook nie die gode van sy vaders of die begeerte na vroue of enige god ag nie, want hy sal homself bo alle dinge verhoog,