41 Hy sal ook die land van Yisra’el bereik en baie mense sal doodgemaak word, maar hierdie volke sal uit sy hand bevry word: Edom Mo’av en die wat oorbly van die seuns van `Ammon.
42 Hy sal ook sy hand uitsteek teen ander lande en die land van Mitzrayim sal nie ontsnap uit sy hande nie,
43 maar hy sal mag hê oor die skatte van goud en silwer en oor al die kosbaarhede van Mitzrayim; Put (Libië) en Kush sal sy bondgenote wees,
44 maar gerugte uit die ooste en uit die noorde sal hom pla; daarom sal hy met groot woede uitgaan om baie mense te vernietig en dood te maak.
45 Hy sal sy koninklike tent opslaan tussen die see en die berg en die Afgesonderde Plek beskerm, maar die tyd van sy einde sal kom en niemand sal hom help nie.Open 7:14 en in daardie tyd sal sommige van jou volk bevry word, elkeen wie se naam, opgeskryf in die boekrol, gevind sal word.Open 20:12