7 ’n Erfgenaam van haar geslag sal oor sy land opstaan en met ’n leërmag en mag teen die koning van die noorde kom en teen hom optree en oorwin.
8 Hy sal ook hulle afgode met hulle kosbare voorwerpe van silwer en goud gevange na Mitzrayim wegdra en hy sal een of twee keer teen die koning van die noorde opstaan;
9 dan sal die koning van die suide die versterkte stede van die koning van die noorde binnedring, maar hy sal na sy eie land terugkeer.
10 Sy seuns, (van die noorde), sal egter opgewek word en ’n menigte groot leërs versamel en hom aanval en stroom deur die land en sal terugkeer al vernietigend tot by sy versterkings.
11 Die koning van die suide sal woedend wees en uitkom om te veg teen die koning van die noorde en die koning van die noorde sal ’n groot leër op die been bring, maar hierdie leër sal in die hand van sy vyand gegee word
12 en wanneer sy vyand die leër vernietig het, sal sy binneste opgelig word en hy sal baie neerslaan, maar nie staande bly nie,
13 want die koning van die noorde sal weer terugkeer en ’n leër twee keer so groot as die vorige op die been bring en sal ná ’n sekere aantal jare kom met ’n groot leër en met ’n groot ruitermag.