14 Toe het Dani’el daaroor nagedink en raad verkry en toe vir Aryokh, die bevelvoerder van die koninklike lyfwag wat uitgegaan het om die wyse manne van Bavel dood te maak, gesê:
15 “Hoekom is die bevel van die koning so ernstig?” Toe het Aryokh aan Dani’el die saak bekend gemaak.
16 Toe het Dani’el van die koning gevra om vir hom tyd te gee en belowe om vir hom die betekenis te gee.
17 Dani’el het toe na sy huis toe gegaan dit bekend gemaak aan Hananyah, Misha’el en `Azaryah, sy metgeselle
18 dat hulle onverdiende guns kon vra vanaf die God van die hemel aangaande hierdie geheim sodat Dani’el en sy metgeselle nie doodgemaak sou word saam met die res van die wyse manne van Bavel nie.
19 Toe is die geheim aan Dani’el openbaar in ’n visioen in die nag en Dani’el het die God van die hemel geseën.
20 Dani’el het geantwoord en gesê: “Geseënd is die Karakter en Outoriteit (Naam) van God vir ewig en ewig, want wysheid en krag behoort aan Hom