29 “Wat u betref, o koning, u gedagtes het in u verstand opgekom oor wat hierna sal gebeur en Hy wat geheime openbaar het aan u bekend gemaak wat sal gebeur,
30 maar wat my betref, hierdie geheim is nie aan my openbaar op grond van enige wysheid wat ek het, meer as enige persoon nie, maar ter wille van die betekenis sodat dit aan die koning bekend kan wees en dat u die gedagtes van u verstand kan ken.
31 U, o koning, het gekyk en let op, ’n groot beeld, wat se helderheid wonderlik was, het voor u gestaan en sy voorkoms was verskriklik.
32 Hierdie beeld se kop was van fyn goud, sy bors en arms van silwer, sy maag en dye van koper,
33 sy bene van yster, sy voete gedeeltelik van yster en gedeeltelik van klei.
34 Toe het U gesien dat ’n klip losgesny word, sonder mensehande, wat die beeld getref het aan sy voete wat van yster en klei was en dit aan stukke gestamp het.
35 Toe is die yster, die klei, die koper, die silwer en die goud almal saam in stukke gebreek en dit het soos die kaf van die dorsvloere in die somer geword en ’n sterk wind het hulle weggevat sodat geen plek vir hulle gevind kon word nie en die klip wat die beeld getref het, het ’n groot berg geword en die hele aarde gevul.