28 Al hierdie dinge het oor koning N’vukhadnetzar gekom.
29 Aan die einde van twaalf maande terwyl koning N’vukhadnetzar op die dak van die koninklike paleis, wat in Bavel is, loop,
30 het hy gepraat en gesê: ‘Is dit nie die groot Bavel wat ek opgebou het as die troon van my koninkryk en vir my groot heerskappy en my majesteit nie?’
31 Terwyl die woord nog in die mond van die koning was, kom daar ’n stem uit die hemel wat sê: “O, koning N’vukhadnetzar, met jou word gepraat, want jou koninkryk is van jou weggevat
32 en hulle sal jou wegdryf van mense af en jou blyplek sal saam met die diere van die veld wees; hulle sal jou maak plante eet soos ’n jong bul en jy sal deur die dou van die hemel natgemaak word en sewe seisoene sal oor jou verander totdat jy weet dat die Allerhoogste in die koninkryk van die mens heers en dit gee aan wie Hy ook al wil en Hy stel die nederigste van mense daaroor aan.”
33 In dieselfde uur is die woord vervul oor koning N’vukhadnetzar en hy is weggedryf van mense af en het gras geëet soos ’n jong bul en sy liggaam was nat van die dou van die hemel totdat sy hare gegroei het soos ’n arend se vere en sy naels soos voëlkloue.
34 Toe die dae vervul was, het ek, N’vukhadnetzar, my oë na die hemel opgelig en my verstand is in my herstel en ek het die Allerhoogste, Wie se heerskappy ’n ewige heerskappy is en Wie se Koninkryk van geslag tot geslag is, geloof en Hom wat ewig lewe, geprys, geloof en geëer.