13 Soos dit in die wet van Moshe geskryf is, het al hierdie onheil oor ons gekom en tog het ons nie voor die Teenwoordigheid van יהוה, ons God, gebid dat ons kan erken en omdraai van ons oortredinge en U waarheid kan verstaan, nie;
14 daarom het יהוה hierdie boosheid opgestook en dit oor ons gebring, want יהוה, ons God, is regverdig in al Sy dade wat Hy gedoen het, tog het ons nie na Sy stem geluister en gedoen nie.
15 Nou, o יהוה, ons God, wat U volk uit die land van Mitzrayim gebring het met ’n sterk hand en vir U ’n Karakter en Outoriteit (Naam) gemaak het, soos dit vandag is; ons het gesondig, ons het boos gehandel.
16 O יהוה, volgens die onpartydige opregtheid wat U vir ons gedoen het, laat U woede en toorn weggedraai word van U stad, Yerushalayim en van U afgesonderde berg, want as gevolg van ons sondes en die onregverdighede van ons vaders is U volk in elke land verstrooi en Yerushalayim het ’n bespotting geword vir alle volke;
17 daarom nou, o יהוה, hoor die gebed en smeking van U dienskneg en laat ter wille van U Karakter en Outoriteit (Naam), U gesig skyn oor U Afgesonderde Plek wat verlate is.
18 O, my God, draai U oor en hoor, maak U oë oop en sien ons verwoeste en verlate plekke en die stad wat volgens U Naam (Karakter en Outoriteit) uitgeroep is, want ons bring nie ons smeking voor U op grond van ons onpartydige opregtheid nie, maar op grond van U groot omgee.
19 O, יהוה, hoor! O, יהוה, vergewe ons! O, יהוה, luister en doen dit, stel nie uit nie, om U eie Naam (Karakter en Outoriteit) ontwil, o my God, want U Naam (Karakter en Outoriteit) is uitgeroep oor U stad en oor U volk.”