1 Toe Mordekhai gehoor het van alles wat gedoen is, het hy sy klere geskeur en ’n roukleed en as aangetrek en uitgegaan deur die stad en hardop ’n bitter klaaglied uitgeskreeu
2 en tot so ver as die poort van die koning gekom, want dit was onwettig om met ’n roukleed by die poort van die koning in te gaan.
3 In elke provinsie, waar die bevel van die koning en sy wet ook al aangekom het, was daar groot rou onder hulle van Y’hudah met vas en gehuil en klaagliedere; baie het in sak en as gelê.
4 Toe Ester se diensmeisies en haar lyfkneg kom en haar vertel, was die koningin baie omgekrap en sy het klere gestuur om Mordekhai aan te trek en om sy roukleed van hom weg te vat, maar hy het dit nie aanvaar nie.
5 Toe het Ester vir Hatakh, een van die lyfknegte van die koning, wat hy in haar diens gestel het, geroep en hom beveel om na Mordekhai te gaan om uit te vind wat dit beteken en waarom dit gebeur.