23 Die Y’hudahiete het dit aanvaar om te doen soos hulle begin het en soos Mordekhai vir hulle geskryf het,
24 want Haman, die seun van Hammedatha, die Agagiet, vyand van almal van Y’hudah, het beplan om hulle uit te roei en het die lot (pur) gewerp om hulle te vernietig en uit te roei.
25 Toe Ester voor die koning gekom het, het hy laat neerskryf: “Laat die bose plan wat teen die Y’hudahiete gesmee is, terugkeer op die kop van hom wat hulle beplan het en laat hy en sy seuns aan die galg opgehang word;”
26 daarom noem hulle dié dae Purim, volgens die woord pur (lot). As gevolg van al die woorde van die brief en wat hulle aangaande die saak gesien het en wat oor hulle gekom het,
27 het die Y’hudahiete dit vasgestel vir hulleself en hulle nageslag en vir almal wat by hulle sou aansluit sodat hulle nie sal faal om hierdie twee dae te hou volgens wat geskryf is en volgens die vasgestelde tyd elke jaar nie
28 en dat hierdie dae onthou en gehou moet word deur al die geslagte in elke provinsie en stad en dat hierdie dae van Purim nie ophou onder die Y’hudahiete nie en hulle herdenking nie ophou onder hulle nageslag nie.
29 Toe het Ester, die koningin, dogter van Avigayil en Mordekhai, die Y’hudahiet, met alle outoriteit geskryf om hierdie brief aangaande Purim te bekragtig