25 Toe Ester voor die koning gekom het, het hy laat neerskryf: “Laat die bose plan wat teen die Y’hudahiete gesmee is, terugkeer op die kop van hom wat hulle beplan het en laat hy en sy seuns aan die galg opgehang word;”
26 daarom noem hulle dié dae Purim, volgens die woord pur (lot). As gevolg van al die woorde van die brief en wat hulle aangaande die saak gesien het en wat oor hulle gekom het,
27 het die Y’hudahiete dit vasgestel vir hulleself en hulle nageslag en vir almal wat by hulle sou aansluit sodat hulle nie sal faal om hierdie twee dae te hou volgens wat geskryf is en volgens die vasgestelde tyd elke jaar nie
28 en dat hierdie dae onthou en gehou moet word deur al die geslagte in elke provinsie en stad en dat hierdie dae van Purim nie ophou onder die Y’hudahiete nie en hulle herdenking nie ophou onder hulle nageslag nie.
29 Toe het Ester, die koningin, dogter van Avigayil en Mordekhai, die Y’hudahiet, met alle outoriteit geskryf om hierdie brief aangaande Purim te bekragtig
30 en hulle het briewe aan almal van Y’hudah gestuur in die honderd sewe en twintig provinsies in die koninkryk van Agashverosh, met woorde van waarheid en vrede,
31 om hierdie dae van Purim op hulle vasgestelde tye te bevestig, soos wat Mordekhai, die Y’hudahiet en Ester, die koningin, dit vasgestel het vir hulle en vir hul nageslag; om die voorskrifte aangaande hulle vas en hulle gebede te gee.