3 Al die prinse van die provinsies, die bevelvoerders van die weermag, die goewerneurs en hulle wat in diens van die koning was, het die Y’hudahiete ondersteun, want vrees vir Mordekhai het hulle oorval,
4 want Mordekhai was groot in die paleis van die koning en sy beroemdheid het deur al die provinsies versprei omdat die man Mordekhai al groter geword het.
5 So het die Y’hudahiete al hulle vyande met die swaard neergeslaan in slagting en vernietiging en het aan hulle gedoen wat hulle wat hul haat, aan hul sou doen.
6 In Shushan, in die paleis, het die Y’hudahiete vyf honderd man gedood en uitgewis
7 en hulle het Parshandata, Dalfon, Aspata,
8 Porata, Adalya, Aridata,
9 Parmahsta, Arisai, Aridai en Vaizata,