8 Porata, Adalya, Aridata,
9 Parmahsta, Arisai, Aridai en Vaizata,
10 die tien seuns van Haman, die seun van Hammedatha, die vyand van die Y’hudahiete, gedood, maar hulle het nie hulle hande gesit aan die buit nie.
11 Op daardie dag is die getal van dié wat in die paleis Shushan gedood is, voor die koning gebring
12 en die koning het vir Ester, die koningin, gesê: “In die paleis Shushan het die Y’hudahiete vyf honderd man gedood en uitgewis asook die tien seuns van Haman; wat het hulle gedoen in die ander provinsies? Wat is nou jou begeerte? Dit sal aan jou gegee word. Wat is verder jou versoek? Dit sal vir jou gedoen word.”
13 Toe sê Ester: “Laat dit môre ook aan die Y’hudahiete wat in Shushan is, toegestaan word om op te tree volgens die wet wat geld vir vandag en laat die tien seuns van Haman aan die galg opgehang word.”
14 Die koning het bevel gegee dat dit so gedoen word; die wet is in Shushan uitgevaardig en die tien seuns van Haman is opgehang.