3 Nogtans is dit Ek wat Efrayim leer loop het, Ek het hulle in My arms gevat, maar hulle het nie geweet dat Ek hulle genees het nie.
4 Ek het hulle met mensebande, met koorde van liefde gelei en Ek was vir hulle soos een wat die juk van hulle kakebeen af oplig en Ek het My neergebuig en hom gevoed.
5 Hulle sal nie na die land van Mitzrayim terugkeer nie, maar Ashur, hy sal hulle koning wees omdat hulle geweier het om terug te draai.
6 Die swaard sal swaai teen hulle stede en sal hulle hekbalke vernietig en hulle verteer weens hulle planne.
7 My volk is geneig om van My af weg te draai. Alhoewel hulle sal roep tot God, soek hulle raad onder mekaar en sal niemand Hom oplig nie.
8 Hoe kan Ek jou opgee, o Efrayim? Hoe kan Ek jou oorgee, o Yisra’el? Hoe kan Ek jou maak soos Admah, jou behandel soos Tzvoyim? My verstand, wil en emosie is omgekeer in My, al My liefdevolle omgee is opgewek.
9 Ek sal nie My vreeslike toorn uitvoer nie; Ek sal Efrayim nie weer vernietig nie, want Ek is God en nie mens nie, die Afgesonderde Een in jou midde en Ek sal nie kom in toorn nie.