11 (12:12) Is daar onregverdigheid in Gil’ad? Hulle is sekerlik waardeloos. In Gilgal offer hulle bulle; ja, hulle altare is soos kliphope langs die vore van die lande.
12 (12:13) Ya’akov het gevlug na die land van Aram en Yisra’el het gewerk om ’n vrou te kry en vir ’n vrou het hy vee opgepas,
13 (12:14) maar deur ’n profeet het יהוה Yisra’el uit Mitzrayim gebring en deur ’n profeet is hulle versorg.
14 (12:15) Efrayim het bitter woede opgewek; so sal sy God sy skuld vir bloedvergieting op hom los en sy smaad terugbring na hom toe.