1 Wanneer Efrayim gepraat het, was daar bewing; hy het homself opgelig in Yisra’el, maar deur Ba’al het hy verkeerd gedoen en gesterf
2 en nou sondig hulle meer en meer en maak vir hulleself gegote beelde, bekwaam gemaak van silwer, almal die werk van vakmanne. Hulle sê vir hulle: “Laat die man wat offer, die kalwers soen!”
3 Hulle sal daarom soos die oggendwolk wees en soos dou wat gou verdwyn, soos kaf wat weggewaai word vanaf die dorsvloer en soos rook uit ’n skoorsteen.
4 Tog was Ek, יהוה, sedert die land van Mitzrayim, jou God en buiten My moes jy geen God geken het nie, want daar is geen redder buiten My nie.
5 Ek het vir jou gesorg in die wildernis, in die land van droogtes.Deut 8:10