7 maar soos Adam het hulle die verbond oortree; daar het hulle verraderlik teen My opgetree.
8 Gil’ad is ’n stad van kwaaddoeners, vol bloedspore.
9 Soos rowers wag vir ’n man, so pleeg ’n priesterbende moord op die pad na Sh’khem; sekerlik het hulle misdaad gepleeg.
10 In die huis van Yisra’el het Ek ’n verskriklike ding gesien: Efrayim se hoerery is daar, Yisra’el het homself onrein gemaak.
11 Ook vir jou, o Y’hudah, is daar ’n oes vasgestel, wanneer Ek die voorspoed van My volk herstel.