11 Sedert Efrayim altare vir sonde vermenigvuldig het, het hulleself altare van sonde vir hom geword.
12 Alhoewel Ek vir hom tien duisend voorskrifte van My wet neergeskryf het, word hulle as ’n vreemde ding beskou.
13 Wat My offergawes betref, offer hulle die vleis en eet dit, maar יהוה het geen behae in hulle nie. Nou sal Hy hulle onregverdigheid onthou en hulle straf vir hulle sondes; hulle sal teruggaan na Mitzrayim2 Kon 25:9; Yir 52:13
14 omdat Yisra’el sy Maker vergeet en paleise gebou het en Y’hudah versterkte stede vermenigvuldig het, maar Ek sal ’n vuur op sy stede stuur sodat dit sy paleiswonings mag verteer.