8 Die wagter van Efrayim was by my God, maar die profeet is ’n valstrik en ’n struikelblok in al sy optredes; daar is roekeloosheid in die huis van God.
9 Hulle het diep in boosheid afgegaan soos in die dae van Giv’ah; Hy sal hulle onregverdigheid onthou, Hy sal hulle sondes straf.Num 25:3; Ps 115:4;Ps 135:18
10 Ek het Yisra’el gevind soos druiwe in die wildernis; Ek het julle voorvaders gesien soos die vroegste vrugte aan die vyeboom in sy eerste seisoen, maar hulle het na Ba’al-P’or gekom en hulle toegewy aan skande en hulle het so verwerplik geword soos dit wat hulle liefhet.
11 Wat Efrayim betref, hulle lof en eer sal wegvlieg soos ’n voël: geen bevrugting, geen verwagting en geen geboorte nie!
12 Alhoewel hulle hul kinders grootmaak, nogtans sal Ek hulle beroof totdat daar nie ’n mens oor is nie. Ja, wee hulle inderdaad wanneer Ek van hulle af weggaan.
13 Efrayim, soos Ek gesien het, is geplant in ’n aangename grasland soos Tzor, maar Efrayim sal sy seuns uitbring na die slagting.
14 Gee hulle, o יהוה; wat sal U gee? Gee hulle ’n miskramende moederskoot en droë borste.