7 Die seuns van Aharon, die priester, moet vuur op die altaar sit en hout op die vuur regpak.
8 Die seuns van Aharon, die priesters, moet die stukke, die kop en die vet, regpak op die hout, wat op die vuur, op die altaar is,
9 maar die binnegoed en die pote moet hy met water was en die priester moet dit alles op die altaar in rook laat opgaan as ’n brandoffer, ’n offer deur vuur, ’n aangename geur tot יהוה.
10 As sy offer ’n stuk kleinvee as brandoffer is, van die skape of van die bokke, moet dit ’n ram sonder gebrek wees wat hy offer.
11 Hy moet dit aan die noordekant van die altaar, voor יהוה doodmaak en die seuns van Aharon, die priesters, moet die bloed daarvan rondom teen die altaar sprinkel.
12 Hy moet dit in sy stukke verdeel, met die kop en die vet en die priester moet dit reglê op die hout, wat op die vuur is, op die altaar,
13 maar die binnegoed en die pootjies moet hy met water was en die priester moet dit alles bring en op die altaar brand en in rook laat opgaan, as ’n brandoffer, ’n offer deur vuur, ’n aangename geur tot יהוה.