3 Moshe sê vir Aharon: “Dit is hierdie ding wat יהוה van gepraat het deur te sê: ‘Deur dié wat naby My kom, sal Ek geëer word as Afgesonderd en voor die die hele volk sal Ek verhoog en vereer word.’” Aharon het stilgebly.
4 Moshe het Misha’el en Eltzafan, die seuns van `Uzi’el, die oom van Aharon, geroep en vir hulle gesê: “Kom nader, dra julle familie van voor die Afgesonderde plek af weg, na buitekant die kamp.”
5 Hulle het nader gegaan en hulle, steeds in hul klede, buitekant die kamp uitgedra, soos Moshe beveel het.
6 Moshe het vir Aharon en sy seuns, El’azar en Itamar, gesê: “Moenie die bedekking van julle koppe afhaal of skeure in julle klere maak nie sodat julle nie sterf en toorn teen die hele vergadering kom nie, maar laat julle broers, die hele huis van Yisra’el, die brand wat יהוה aangesteek het beween.
7 Julle mag selfs nie by die deur van die Tent van Ontmoeting uitgaan nie sodat julle nie sterf nie, want die salfolie van יהוה is op julle.” Hulle het gedoen volgens die woord van Moshe.
8 יהוה het met Aharon gepraat en gesê:
9 “Moenie, wanneer julle in die Tent van Ontmoeting ingaan, wyn of sterk drank drink nie, jy of jou seuns saam met jou sodat julle nie sterf nie. Dit is ’n ewige instelling in julle geslagte,Yes 28:7; Yeg 44:21