1 יהוה het weer met Moshe en Aharon gepraat en vir hulle gesê:
2 “Praat met die seuns van Yisra’el en sê: ‘Hierdie is die diere wat julle mag eet vanuit al die viervoetige diere wat op die aarde is.
3 Vanuit die diere: alles wat gesplete hoewe het, heeltemal gesplit en herkou; dit mag julle eet.
4 Nogtans mag julle die volgende nie eet van die wat herkou en van die wat gesplete hoewe het nie: die kameel is onrein vir julle, want hy herkou, maar het nie gesplete hoewe nie;
5 die dassie is onrein vir julle, want hy herkou, maar het nie gesplete pote nie;
6 die haas is onrein vir julle, want hy herkou, maar het nie gesplete pote nie;