21 Tog mag julle die volgende van al die vlieënde insekte in swerms, wat op pote loop, eet: wat bokant die pote, bene met ledemate het om daarmee op die grond te spring.
22 Die volgende mag julle eet: die treksprinkaan volgens sy spesie, die boomsprinkaan volgens sy spesie, die kriek volgens sy spesie en die voetganger volgens sy spesie,
23 maar al die ander vlieënde insekte in swerms, wat op pote loop, is verwerplik vir julle.
24 Deur hierdie diere word julle onrein, elkeen wat aan hulle karkasse raak, sal tot die aand toe onrein wees
25 en elkeen wat van hulle karkasse optel, moet sy klere was en sal tot die aand toe onrein wees,
26 die karkasse van al die diere wat gesplete hoewe het, wat nie heeltemal gesplit is nie en wat nie herkou nie, hulle is vir julle onrein; elkeen wat aan hulle raak, sal onrein wees.
27 Alles wat op pote loop, onder al die viervoetige diere, is onrein vir julle; elkeen wat aan hulle karkasse raak, sal tot die aand toe onrein wees.