29 Die volgende is vir julle onrein onder die wemelendes wat op die aarde wemel: die mol, die muis, die groot akkedis volgens sy spesies,
30 die geitjie, die krokodil, die salmander, die koggelmander en die verkleurmannetjie.
31 Hulle is vir julle onrein onder al die wemelendes; elkeen wat aan hulle raak as hulle dood is, sal tot die aand toe onrein wees.
32 En alles waarop een van hulle val as hulle dood is, sal onrein wees, of dit ’n houtvoorwerp, kledingstuk, vel of sak is, elke ding waarmee werk gedoen word; dit moet in water gesit word en sal tot die aand toe onrein wees; dan sal dit rein wees.
33 Elke erdevoorwerp waarin een van hulle val, moet julle stukkend breek en alles wat daarin is, sal onrein wees;
34 enige kos daarin, wat geëet word, waarop water kom, sal onrein wees en enige drank, van watter soort ook, wat in so ’n voorwerp gedrink kan word, sal onrein wees.
35 Alles waar ’n deel van hulle karkasse op val, sal onrein wees; ’n bakoond of ’n stoof moet stukkend geslaan word; hulle is onrein en moet vir julle onrein wees.