1 יהוה het met Moshe en Aharon gepraat en gesê:
2 “As ’n mens op die vel van sy vlees ’n swelsel, vlokkies of helder vlek het en dit in die vel van sy vlees soos ’n melaatse seer word, moet hy na die priester Aharon of na een van sy seuns, die priesters, gebring word.
3 Die priester moet die aangetaste plek op die vel van die vlees ondersoek. As die hare op die plek wit geword het en die plek lyk dieper as die vel van sy vlees, dan is dit ’n melaatse seer en die priester moet hom ná die ondersoek onrein verklaar.
4 As die helder vlek op die vel van sy vlees is en dit nie dieper lyk as die vel nie en die hare daarvan nie wit geword het nie, moet die priester die aangetaste persoon sewe dae lank isoleer.
5 Die priester moet hom op die sewende dag ondersoek en let op as die seer dieselfde lyk soos dit was, die plek nie in die vel versprei het nie, dan moet die priester hom nog sewe dae lank isoleer.