14 maar die dag as rou vlees aan hom gesien word, sal hy onrein wees;
15 as die priester die rou vlees sien, moet hy hom onrein verklaar. Die rou vlees is onrein, dit is melaatsheid.
16 As die rou vlees weer weggaan en hy wit word, moet hy na die priester kom.
17 As die priester hom dan ondersoek en let op, die aangetaste plek het wit geword, dan moet die priester die seer rein verklaar; hy is rein.
18 As daar in die vlees, naamlik in die vel, ’n sweer is en gesond word,
19 maar in die plek van die sweer ’n wit swelsel of ’n rooierige blink vlek kom, moet die priester daarna kyk.
20 As die priester dit sien en dit lyk dieper as die vel en die hare daarop het wit geword, dan moet die priester hom onrein verklaar; dit is ’n seer van melaatsheid wat in die sweer uitgebreek het,