26 maar as die priester dit ondersoek en let op, daar is geen wit hare op die helder vlek nie en dit is nie dieper as die vel nie en het dof van kleur geword, dan moet die priester hom sewe dae lank isoleer.
27 Op die sewende dag moet die priester hom ondersoek. As dit verder oor die vel versprei het, moet die priester hom onrein verklaar; dit is ’n melaatse seer,
28 maar as die helder vlek bly waar dit is, nie oor die vel versprei het nie en dof van kleur geword het, dan is dit die swelsel van die brandplek. Die priester moet hom rein verklaar, want dit is die litteken van die brandplek.
29 As ’n man of vrou ’n seer op die kop of in die baard het
30 en die priester die plek ondersoek en sien dat dit dieper lyk as die vel en daar dun geel hare op is, dan moet die priester hom onrein verklaar; dit is ’n skurf melaatsheid van die kop of van die baard,
31 maar as die priester die skurwe plek ondersoek en sien dat dit nie dieper as die vel is nie en daar geen swart hare op is nie, dan moet die priester die persoon met die skurwe plek sewe dae lank isoleer.
32 Op die sewende dag moet die priester die aangetaste plek ondersoek en as hy sien dat die skurwe plek nie versprei het nie en daar geen geel hare op is nie en die skurwe plek nie dieper lyk as die vel nie,