29 As ’n man of vrou ’n seer op die kop of in die baard het
30 en die priester die plek ondersoek en sien dat dit dieper lyk as die vel en daar dun geel hare op is, dan moet die priester hom onrein verklaar; dit is ’n skurf melaatsheid van die kop of van die baard,
31 maar as die priester die skurwe plek ondersoek en sien dat dit nie dieper as die vel is nie en daar geen swart hare op is nie, dan moet die priester die persoon met die skurwe plek sewe dae lank isoleer.
32 Op die sewende dag moet die priester die aangetaste plek ondersoek en as hy sien dat die skurwe plek nie versprei het nie en daar geen geel hare op is nie en die skurwe plek nie dieper lyk as die vel nie,
33 dan moet die persoon hom skeer, maar die skurwe plek moet hy nie skeer nie en die priester moet die skurwe persoon weer sewe dae lank isoleer.
34 Op die sewende dag moet die priester die skurwe plek ondersoek en as hy sien dat die skurwe plek nie oor die vel versprei het nie en dit nie dieper as die vel lyk nie, dan moet die priester hom rein verklaar. Hy moet sy klere was en sal rein wees,
35 maar as die skurwe plek oor die vel versprei nadat hy rein verklaar is,